LOADING ...

About

Officially: Author, artist, actor, activist, talk show host, bookworm, ageing rocker, daddy, 3xSAMA award winner with 2 million CDs sold...and Blue Bull

Die laggende babatjie van die Tellytubbies is glo 24 jaar oud dié jaar. Onthou jy dit? Wat was jou gunsteling? Barney? Wel, dink aan my wat alles weer moet kyk...
*
Ek was gister in 'n gek hofsaak in Stellenbosch: onder die teisteringswet (waaraan ek nie skuldig is nie) is ek toe aangekla vir diefstal (wat nie gebeur het nie). Die poging-tot-roof (waar ek nie was nie) was van 'n eiendom wat hulle 'n "R150 se lap" noem. Niemand noem dat my naam op daardie "eiendom" geskryf is nie. Ook nie dat dit 'n vlag is met enorme simboliese waarde nie. (Dit verteenwoordig onder andere 'n laer kinderverkragsyfer, 'n laer bejaarde-moordkoers en die eerste hartoorplanting). Toe ons vra wanneer dié wat die applikant se persoon daadwerklik gedreig het, ook vervolg gaan word, was daar geen antwoord nie. Ek sweer! Dagvaar Hofmeyr en werf mediaspasie.
*
Gepraat van gek. As jy my inkomste Google sê 'n onbekende bron dat ek R240 miljoen sterk is (dit varieer). Gelukkig sou die taksman my al deeglik kaf gedraf het as dit waar was. En sou ek op my eie eiland gebly het. In 'n paleis met 'n sportmotor. Is 'n Lexus 'n Toyota...?
*
Om mense se name op enige volk se vlag te skryf en ander uit te nooi om daarop te dans, sluit aan by Lesufi se volksuitwissende uitsprake en dade. Die wêreld, die staat, die regsbank het Hitler vir 10 jaar daarmee laat wegkom. Toe was dit te laat. Afrikaner, jy is op jou eie. En ek is jou lewende bewys. Ons laat sulkes al 25 jaar daarmee wegkom en as jy kla, beter jy nie blank wees nie.
*
Daarom slaan ek terug. Genadeloos en hard. Jy kan help. Plaas jou video hier waar jy jou DSTV verwoes en ek stuur teen die 15 Junie vir jou, as jy wen, R10 000. Daar is reeds 4 ander kontantpryse en vele ander bonusse.
*
Ek lag in my mou. My lewe is so anders as die strooiman wat hulle om my bou. Een van die kenmerke van hofsake/onderhoude/debatte waar ek as rassis uitgemaak word is hoeveel nie-blankes buite staan en wag vir 'n foto en geselsie (foto's).
*
Ek reis Bloemfontein (2 konserte), Cradock en Despatch toe die week. Kom sing DIE LAND saam my, want jy gaan dit nêrens anders hoor nie. Laat weet as jou stasie dit wel speel. Dis tyd om platforms te eer wat nie spring vir die politieskorrekte voorskrif vir wat jy mag en nie mag hoor nie.
*
My ou piesangtjie. Hierdie gekheid hou my weg van die sagste, mees liefdevolle kind wat ek nog ooit teëgekom het. Sy lag, wil drukkies uitdeel en almal liefhê. Is die wêreld reg vir sulke engele?

Ảnh từ bài viết của Steve Hofmeyr

4,271 likes / 511 comments

Top comments

Elize Smuts
Naomi Vermaak
Maedie Adams
Petro Ferreira
Rosa Frank
Zelda Botha Verster
Bets Erasmus
Liné Nel
Lorinda Ferreira Schumacher Ferrari
Annelien Maass Swanepoel