LOADING ...

About

Officially: Author, artist, actor, activist, talk show host, bookworm, ageing rocker, daddy, 3xSAMA award winner with 2 million CDs sold...and Blue Bull

Die R10 000 kontantprys vir jou video waar jy jou dekodeerder verwoes kanselleer of inruil vir iets goedkoper, het gegroei. @WeBuyWheels.co.za het onderskeidelik R8000 en R5000 vir 'n 2e en 3e plek aangebied. Dankie julle.
Om almal 'n kans te gee om hul DSTV kontrak te kanselleer en videos te maak, is die sluitingsdatum 15 Junie 2019.
*
Hier is wat 5 dinge wat my boikotters nie verstaan nie:
1. Hulle lees ons verkeerd. Ek koop gister 'n CD by Musica: 22 van my liedjies lê op hul Top 20 Treffersparade op 5 verskillende CDs! Multichoice se kinderagtige ban impliseer letterlik duisende wit en swart kunstenaars oor 35 jaar in TV reekse, konserte en videos. Steeds krimp hul party.
2. As jy my konsert gekanselleer kry, kry ek twee dinge. Die deposito - en 'n af aand. Maar êrens verloor 'n skooltjie en sy gemeenskap inkomste. Vir jou, jou selfsugtige sot. Niemand vra ooit oir die regte van die wat my WIL hoor nie.
3. Die aanvraag na DIE LAND en DIE STEM het verdriedubbel. Ek kan dit eenvoudig nie meer weglaat by konserte nie. Iemand sal my verwond.
4. My konserte is minder, maar daardie konserte is voller as ooit. Daar is gelukkig ook 'n skielike ontploffing in alternatiewe venues.
5. Daar is 'n verstommende oplewing in onafhanklike denke en entrepreneurskap onder my mense. 'n Boer maak wragtig 'n plan. Dit begeester my.
6. Die VF+, wat sy kiesers uit 'n bitterklein demografie kry, het meer groei as enige party gewys. Dalk word ons wakker tot die realiteit wat die Amerikaners, Britte en Europeërs vandag baie goed reeds verstaan: volke bestaan.
7. Multichoice gee my, in persoon, niks. As ek (finansiële) skade kon bewys, het ek hulle gedagvaar. Maar ek kan nie.
*
Ons lewe in George Orwell se 1984 - in reële tyd. 'n Melaats van voorskriftelikheid. Kom ons skud hierdie boelies uit hulle hulle "safe spaces" , boeliekoöperasies, departemente en media, beveilig deur die ANC en die verwoestende Marxistiese narratief.
*
Dis baie gewild om te skree dat Steve Hofmeyr nie namens jou, of "alle" Afrikaners, praat nie (iets wat ek natuurlik nog nooit gesê het nie.) Maar die vraag kom by my op: as ek vra vir minder moord, minder roof, minder verkragtings, minder werkloosheid, minder onderskeid tussen rasse, minder Malema slagting-praatjies en meer vryheid van spraak, meer grondwetlikheid, meer toerekeningsvatbaarheid, meer Afrikaans in skole, meer Afrikaanse universiteite....moet ek vra, watter tipe donnerse Afrikaner is jy dan, waarvoor vra jy dan en wie praat dan namens jou?
*
Lees hier Leon Lemmer skryf oor RW Johnson met sy gebruiklike, vreeslose analises oor Suid Afrika.
[ Praag.co.za Link ]
*
Ek het 'n opwindende week. My Diamond-konsert by Atterburyteater vanaand is uitverkoop. Ek sal dit beslis weer moet doen! Donderdag skiet ek NAMPO landbouskou toe vir twee dae se geboerte en Saterdag eindig ek in Potchefstroom met my Countryvertoning. Hoop ek loop jou raak.
*
Hier's nog videos!
Video Loading ...
3,720 likes / 631 comments

Top comments

Dalene Lamprecht
Zelda Botha Verster
Yvonne Bisschoff
Rita Reets
Werner Engelbrecht
Yvonne Esterhuysen
Yolanda Geldenhuys Jefferies
Lorraine Slippers
Henk Sinderdinck